Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

9/03/2008

Eetgenot At The Hills




At The Hills-restaurant by Durbanville Hills-wynkelder bied deur sy reuse-vensters en van sy groot balkonstoep wat oor die vallei uitleun en na die see en die berg strek, 'n asemrowende uitsig oor wingerdbedekte heuwels en Tafelberg, met Robbeneiland wat in die stil water van Tafelbaai dryf.

Maar At The Hills bied veel meer as net 'n uitsig. Sy uitgebreide, keurig saamgestelde spyskaart word gereeld geloof deur van Suid-Afrika se voorste kosskrywers en dit het 'n gewilde kuierplek geword vir besoekers aan die Durbanville-wynroete. Die restaurant se groeiende gewildheid blyk ook uit die toenemende getal mense uit die omgewing wat gereeld hier as gesinne, met vriende, of saam met besigheidsvennote kom eet.

Martin Moore, wynmaker van Durbanville Hills en 'n man wat ewe tuis in die kombuis is as in die kelder, beveel Durbanville Hills se sauvignon blanc aan saam met dun repies koedoe-filet wat bedien word op 'n bed van slaaiblare, tamaties, komkommer, vrugte, kwarteleiers en skaafsels ryp Cheddar. Dié wyn kan ook geniet word met oondgebraaide hoenderborsies bedek met Parmesaankaas kruiekrummels en 'n romerige kruiesous.

"At The Hills se spyskaart is ontwerp om die wynkelder se reeks wit en rooi wyne te komplementeer en geen keurige uiteet-ervaring by die restaurant sal afgerond wees sonder 'n dis wat deur een van ons bekroonde merlots aangevul is nie. Ek beveel daarvoor as voorgereg óf 'n Griekse slaai óf oondgebakte bokkaas aan bedien op slaaiblare bedruip is met ons tuisgemaakte dadels- en lemoenblatjang," sê Martin.

Die wynkelder is duidelik is sigbaar van die N7 waar dit uit die kant van die Tygerberg gekerf is. En as die naaste wynkelder aan die Moederstad, slegs 20 minute per motor van die middestad, kan 'n wynproe en keldertoer deel wees van 'n besoek aan die restaurant.

At The Hills is Dinsdag tot Sondag oop vir middagete en 1 September van Woensdag tot Sondag vir aandete. Die restaurant sal ook, op versoek, voorsiening maak vir groepe van 20 en meer vir ontbyt en aandete.

"Wanneer die son sak, sal jy saamstem dat ons die perfekte einde aan 'n ontspannende dag in die Durbanville-wynvallei bied," sê Martin.

Bel 021 558 1300 of besoek http://www.durbanvillehills.co.za/ vir restaurantbesprekings, keldertoertye en vir wanneer wyne geproe en gekoop kan word.

No comments :

Post a Comment