Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

9/27/2008

Sampioen-en-gort-bredie / Mushroom and Barley Stew

250 g sampioene
50 g seldery, in stukkies gesny
125 ml gort, gewas
10 g pietersielie, gekap
150 g ui, fyn opgekap
1 knoffelhuisie, fyn gesny
10 ml olyfolie
100 g wortel, in blokkies gesny
1 liter groenteaftreksel
Maldon sout
varsgemaalde swartpeper

Kook die gort in die aftreksel vir 1 uur. Braai die ui en knoffel in olyfolie tot sag. Voeg die sampioene by en braai tot amper gaar. Voeg alle bestanddele, behalwe sout en peper, by die gort. Kook vir 20 minute. Toets vir sout en peper.

(resep bedien 4 persone)

1 comment :

  1. Ek het wel 1,8kg beesvleis (borsvleis van die been verwyder en apart bruingebraai) by die resep gevoeg - heerlik!!!

    ReplyDelete