Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

10/08/2008

Blancmange

Blancmange is 'n nagereg berei uit melk en gelatienagtige, styselagtige bestanddele, gewoonlik in 'n vorm gegiet.

(die resep bedien 4 persone)

300 ml melk
skil van 1 suurlemoen, fyn afgeskil
30 ml gelatien
75 g suiker
300 ml room
50 g amandels, fyngemaal
45 ml brandewyn

Plaas die melk en suurlemoenskil in 'n souspan met 'n deksel op die stoof met die plaat op baie lae hitte. Laat so staan vir 1 uur en roer net af en toe.
Gooi die melk deur 'n siffie om die skil te verwyder.
Los die gelatien op in 'n klein bietjie van die melk.
Roer die gelatienmengsel en suiker by die res van die melk tot die suiker opgelos is.
Roer die room en amandels by die mengsel tot dit amper heeltemal koud is.
Roer die brandewyn en gooi in 'n vorm.
Plaas vir 5 ure in die yskas.

No comments :

Post a Comment