Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

10/13/2008

Heuning

Die eerste verwysing na heuning in die Bybel kom voor in Genesis 43:11. So van die begin af was die by al daar gewees om ons van sy soete arbeid te gee. Op 26 Junie 2003 is die 29ste herdenking van die strepieskode (barcode) gevier. In die natuur vlieg die by rond met sy eie strepieskode op sy agterlyf.

Die by is ´n meerdoelige dier. Eers help hy met die bestuiwingsproses en dan maak hy ook die lekkerste en soetste lekkerny vir ons. Daar word ook tans ´n studie gedoen oor die gif van heuningbye wat gebruik kan word vir die verligting van artritis onder andere.

Ongeveer een derde van alle artikels wat ons in supermarkte koop het heuning in. Die Engelse woord "honey" maak deel uit van die woord honeymoon. Die oorsprong van die woord kom van die middeleeue waar pasgetroudes vir een maand lank elke dag "Mead" gedrink het. Mead is ´n heerlike heuningdrankie. Mead is gedrink om te verseker dat die paartjie ´n seun so kry. Die basiese meadresep bestaan uit heuning, water, gis en speserye.

Indien mens na ´n natuurlike middel teen seer kele en verkoues soek dan is heuning die antwoord. Wanneer jou keel krapperig voel gryp die bottel heuning nader en eet ´n teelepel vol heuning. Jy kan met die behandeling aanhou tot jou keel beter is, heuning is nie skadelik nie so jy kan maar eet tot jou keel beter is. Nou moet ek ook dadelik sê dat as jou keel nie binne ´n dag of twee beter is nie gaan sien maar liewers jou dokter. Verder kan jy heuning meng met lemoensap, suurlemoensap of met pomelo´s om daardie ekstra vitamiene in te kry om die verkoue die finale nekslag toe te dien.

Daar is ook navorsing gedoen oor die effek wat heuning het op atlete. Heuning is nie net ´n opkikker nie maar daar is bewyse dat indien atlete heuning gebruik voor strawwe oefeninge of resies, hulle spiere vinniger en makliker herstel as atlete wat glad nie heuning gebruik nie. So dit sal goed wees vir atlete om eerder ´n heuning energiedrankie te drink as om enige chemiese middel te gebruik.

Vir die skoner geslag is daar ook goeie nuus. Wanneer jy vol spanning is bad in heuning. Die bad sal al jou spanning wegneem en dit sal jou vel bevog aangesien heuning die natuur se eie bevogter is. Nou hierdie resep is so maklik: 1 Koppie amandelolie of ligte olyf olie, ½ koppie heuning, ½ koppie badolie en 1 teelepel vanilla ekstrak. Meng al die bestanddele in ´n mengbak en sit dit dan in ´n bottel. Skroef die bottel toe en gebruik soos nodig. Skud die bottel voor gebruik.

Daar is genoeg heuning badolie in vir 4 heerlike en hemelse badervarings. Ek glo ook nie dit sal ons mans skade aandoen om so nou en dan in een van hierdie baddens te klim nie. Mans, terwyl ek so sit en dink is hierdie eintlik ´n pragtig geskenk om vir jou vrou te maak vir moedersdag of sommer net om dankie te sê vir alles wat sy vir jou beteken. Gooi net die mengsel in ´n mooi glas bottel. Ek dink hierdie geskenk sal ook help om te sê ek is jammer, want ons manlike spesie is mos maar altyd in die moeilikheid.

Maar die einde is dit niet. Neem twee eetlepels heuning, twee eetlepels amandel of olyfolie, 5 druppels roos olie en 1 druppel vitamiene olie. Meng alles goed en smeer aan jou gesig en nek. Gaan lê en ontspan vir 15 minute. Was dan die mengsel af van jou gesig met lou water. Jou vel sal gou jonger lyk en baie verfrissend voel.

Die wetenskap begin nou eers om te bewys wat ons voorouers al lankal geweet het en dit is dat heuning goed is vir ´n mens. Een van die dae sal die wetenskaplikes miskien ´n heuningpil maak wat ons kan gebruik om ons te help verlos van al ons pyne skete en kwale.

deur Frik Lombard

No comments :

Post a Comment