Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

10/07/2008

Kook met alkohol

Wanneer ek die dag nou lekker kook het ek ´n bottel wyn (vir die kos natuurlik) en room êrens om my. Wanneer mens met alkohol kook, bring die alkohol die beste smake uit die kos uit. Die mees intense smake wat mens kry kom in alkohol voor. Wanneer drank gefermenteer word bring dit ook baie spesiale smake uit.

Dit is al oor en oor bewys dat alkohol, veral brandewyn die taaiste vleis kan tem en sagmaak. Dit is ook goed om die wenk te onthou wanneer mens ´n potjie maak en nie baie seker is oor die kwaliteit nie. Gooi dan maar so ´n sopie of twee brandewyn by.

Wanneer mens ´n fondue hou met kaas kan jy ook so ´n knoetsie wyn by die kaas gou want alkohol verlaag die kookpunt van kaas en dit laat die kaas ook nie skim nie. Bier is ook baie goed om mee te bak want die bier het baie suurdeeg in wat brode goed en mooi sal laat rys.

Wanneer mens met alkohol kook verdamp al die alkohol nie onmiddelik nie. Deur die jare is ons gekondisioneer dat al die alkohol verdamp wanneer mens hitte bysit. Wanneer mens met alkohol kook is daar na 15 minute 45% van die alkohol nog in die kos. Na 2½ ure is daar slegs 5% van die alkohol oor.

Wanneer jy nou met jou kookboek voor die stoof staan en jy wil jou gunsteling resep aanmekaarslaan en so ´n bietjie alkohol daarin gooi, en jy kom agter jy het nie meer enige alkohol nie wat doen mens dan. Dit is maklik gebruik iets anders. Hier volg so ´n lys met alkohol vervangers:
Bier: Ginger Ale of Wit Vonkel Druiwesap
Brandewyn: Vrugtesap soos bv appelkoos, perske of druiwe
Vonkelwyn: Vonkel Druiwesap
Frangelico: Amandelgeursel
Kahlua: Sterk koffie met ´n lepel kakao
Rooiwyn: Verdunde rooiwyn asyn, rooi druiwesap verdun met rooiwyn asyn
Sherrie: Lemoen of Pynappelsap
Southern Comfort: Perske nektar gemeng met appel asyn
Witwyn: Verdunde Witwyn asyn, wit druiwesap verdun met appel asyn of jy kan ¼ koppie asyn meng met ´n ¼ koppie water en een eetlepel suiker.

Alkohol in kos het sy voordele en dit is smaak en die sagmaak van die vleis. Daarby sal mens nie kan kom nie. Wanneer mens kook met alkohol is daar een goue reël, en veral met wyn, en dit is, ´n mens skeep nie af met die ander bestanddele nie, so moet ook nie met die wyn afskeep nie. Kook eerder met ´n goeie wyn wat jou ander bestanddele sal komplimenteer as wat jy dalk ´n goedkoop suur wyn in die kos gooi en alles bederf.

Kos groete van huis tot huis.

- deur Frik Lombard

No comments :

Post a Comment