Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

12/02/2008

Akhni

(bedien 8)

500 ml rys
30 ml olyfolie
1 ui, dun gesny
800 g skaapvleis, in blokkie gesny
1 groen rissie
10 ml sout
10 ml gemmer, fyn opgesny
5 ml knoffel, fyn opgesny
5 ml komyn, fyn opgesny
5 ml koljander, gemaal
5 ml vinkel, gemaal
5 ml borrie, gemaal
5 ml rissiepoeier
3 naeltjies
3 wonderpeper
3 kardamonsade
2 stukke kaneel
1 tamatie, fyn opgesny
4 aartappels, gehalveer
200 ml water
60 ml vars gekapte koljander
vars koljander vir garnering

Kook die rys in soutwater tot dit net sag is, sowat 20 minute. Spoel af. Verhit die olie en braai die uie vir 10 minute. Voeg die vleis en speserye by, plaas die deksel op en kook oor medium hitte vir 45 minute. Voeg nou die tamatie, aartappels en water by en kook vir 20 minute. Voeg nou die rys by en meng liggies. Sorg dat die rys nie te pap raak nie. Bedek en stoom vir ´n verdere 20 minute. Strooi die vars koljander oor net voor opdiening.

Tradisioneel word die dis bedien saam met atjar en slaai.

No comments :

Post a Comment