Snipper groenbone +/- 1cm groot.
Kook die groenbone tot gaar, maar nie pap sag nie. Hy moet nog effe bros wees.
In 'n aparte pan braai jy versnipperde spek en mushrooms. (Green peppers is ook 'n welkome verandering).
Meng die groenbone met die spek en mushroom mengsel en roer +/- 2 eetleppels mayonmaise by.
Die plaat moet teen die tyd al effe afgekoel wees vir die mayonnaise om nie heeltemal te smelt nie. Anders kan jy die mayonnaise in meng net voor jy opdis en dit dan weer vir 'n klein rukkie louwarm maak in die mikrogolfoond.
bydrae: Tertia Naude
Stuur jou resepte na bydraes@kook.co.za. Foto's van die resepte is ook welkom.
No comments :
Post a comment