1,5 kg droë appelkooshelftes
kookwater
15 ml sout
1,5 kg suiker
ekstra suiker
Plaas die appelkooshelftes in 'n groot skottel. Bedek dit met kookwater en laat dit 10 minute lank week. Moet dit nie langer laat lê nie, anders word dit te pap om mee te werk. Dreineer die appelkose en spoel dit onder lopende koue water af. Druk dit so droog moontlik met 'n papierhanddoek.
Maak die appelkooshelftes fyn in 'n voedselverwerker, of maal dit 2 maal deur 'n vleismeul.
Voeg die sout by die appelkoospulp en meng dit goed.
Voeg die suiker by die appelkoosmengsel en meng deeglik.
Bedek die bak met 'n lap en laat staan vir 'n uur.
Vorm die mengsel in balletjies, rol dit in die ekstra suiker en druk dit plat.
Pak die mebos in lae in 'n blik met botter of waspapier en 'n lagie suiker tussenin.
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
No comments :
Post a Comment