Raita is 'n Indiese sousie met vele gebruike. Dit is heerlik as 'n doopsous saam met brode of saam met 'n sterk kerrie.
1 klein komkommer, fyngekap
’n koppie jogurt
’n hand vol vars koljander, fyngekap
1 groen rissie, fyngekap (nie ’n sterk rissie nie, probeer ’n jalapeno)
Meng al die bestanddele saam. Klop dit sommer lekker hardhandig.
No comments :
Post a Comment