Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/02/2008

J Glossarium, Woordelys van Kookterme - voedsel en wyn

(Hou jy van ons hulpbronne? Oorweeg asseblief ’n donasie in Bitcoin: 179nZqSyFmYPcvu4ZU733PgXBKUYXcy9DD)

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
jaarlemoen
Jaarlemoen is ’n soort pompelmoes.

jagskyfies (game chips)
Baie dun gesnyde aartappels, diepgebraai tot dit goudbruin en bros is. Dit word tradisioneel saam met wild bedien.

jak
’n Jak is ’n hoefdier, Bos grunniens, uit Sentraal-Asië, waarvan die vleis en melk gebruik word. (brombees, knoros)

jakkalsdruiwe
Druiwe, Cissus dasyplearis, met ’n wilde smaak.

jakkalskos
’n Eetbare plant met ’n blomkoolsmaak wat in die Hardeveld voorkom. Dit kan rou geëet of gebraai word. (kannie, kanika, soetpappie)

jakkalssmaak
Smaak soos dié van wilde druiwe.

jakkavrug
Groot vrugte van die Asiatiese boom Artocarpus integrifolia. Die vrugte smaak laf, maar die voedsame pitte word gerooster. (nangka, jakvrug)

jakopewer
’n Rooierige seevis, Sebastichthys capensis.

jakvrug
Groot vrugte van die Asiatiese boom Artocarpus integrifolia. Die vrugte smaak laf, maar die voedsame pitte word gerooster. (nangka, jakkavrug)

jalapeno
’n Medium grootte rissie met ’n warm, branderige smaak. Dit word normaalweg gebruik as dit groen is, maar verkleur rooi wanneer dit baie ryp is. Dit is vernoem na die dorp Xalapa-Enríquez (algemeen bekend as Xalapa of Jalapa) in Mexiko waar dit tradisioneel verbou is. (jalapeño)

jalapeño
’n Medium grootte rissie met ’n warm, branderige smaak. Dit word normaalweg gebruik as dit groen is, maar verkleur rooi wanneer dit baie ryp is. Dit is vernoem na die dorp Xalapa-Enríquez (algemeen bekend as Xalapa of Jalapa) in Mexiko waar dit tradisioneel verbou is. (jalapeno)

jam
Jam (uitgespreek as djêm) is fynkonfyt. Dit word ook gespel jêm. Jam, uitgespreek as jam, is ’n styselagtige aartappel van die geslag Dioscorea.

jamaikapeper (allspice)
’n Spesery wat verkry word deur die gedroogde, onryp bessies van die Wes-Indiese pimentboom (Pimenta officinalis) fyn te maal. Een teelepel fyngemaalde bessie is gelyk aan 5 bessies. Indien jy nie dit het vir ’n gereg nie kan jy ’n mengsel gebruik van gelyke dele fyngemaalde kaneel, naeltjies, neutmuskaat en swartpeper. (naelbol, piment, wonderpeper)

jambalaya
’n Kreoolse gereg wat bestaan uit gegeurde rys, ham, garnale en tamaties.

jamboes (rose apple)
Die jamboes is ’n tropiese boom, Eugenia jambos, wat ’n geel, groenerige, eetbare vrug dra wat soos ’n roos ruik.

jambon (gammon)
’n Ander woord vir ham; gewoonlik gerookte ham. Jambon uitgespreek zjam-bohn is Frans vir “ham”.

jammerlappie
’n Jammerlappie is ’n klein vadoekie wat etenstyd aan tafel gebruik word om die hande aan af te vee.

Jan Smuts-koekies
Handtertjies gevul met appelkooskonfyt. Dit word bedek met ’n beslag en dan in die oond verbruin.

jan-in-die-sak
’n Poeding wat in ’n doek toegebind en gekook word. (doekpoeding, janne-in-die-sak of jans-in-die-sak)
Jan-in-die-sak resep

janbruin (John Brown)
Die naam word gebruik om te verwys na een van twee soorte visse van die familie Sparidae, die tambryn. (blouoog (Gymnocrotaphys curvideus), basterhottentot)

jandorie (John Dory)
’n Silwergrys vis met ’n swart merk aan elke kant. (sonvis)

jangroentjie
’n Naam wat gebruik word vir pepermentlikeur.

jeera
Jeera is ’n ander naam vir komyn.

janne-in-die-sak
’n Poeding wat in ’n doek toegebind en gekook word. (jan-in-die-sak, doekpoeding, jans-in-die-sak)
Janne-in-die-sak resep

jans-in-die-sak
’n Poeding wat in ’n doek toegebind en gekook word. (jan-in-die-sak, doekpoeding, janne-in-die-sak)
Jans-in-die-sak resep

jardinière [zjar-die-nie êr]
’n Franse garnering van vars en gekookte groente in afsonderlike hopies. Dit is ook die naam vir ’n Franse groentesous.

Jarlsberg
’n Semi-harde Noorweegse koeimelkkaas met ’n neutagtige smaak.

jaroek
’n Pomelo met ’n aangename geur en soetsuur smaak. (jaroep)

jaroep
’n Pomelo met ’n aangename geur en soetsuur smaak. (jaroek)

jaune d’oeuf [zjaun doef]
Frans vir “eiergeel”.

jellie
’n Elastiese, halfdeursigtige nagereg berei uit droë bestanddele wat jy by ’n winkel koop.
Foute met jellie

jellie eiers (eggs en gelée)
Geposjeerde eier in aspiek.

jellieboontjie (jelly bean)
’n Boontjievormige lekker gemaak van jellie-agtige suiker en dan gekleur.

jêm
Jêm is fynkonfyt. (jam (uitgespreek as djêm) Jam, uitgespreek as jam, is ’n styselagtige aartappel van die geslag Dioscorea.

jenewer (gin)
Sterk drank wat verkry word deur gegiste gars en rog te distilleer en jenewerbessies by te voeg.

jenewerbessie (juniper)
’n Vrug van die jenewerstruik wat gebruik word vir die maak van jenewer.

jerobeam
’n Baie groot wynbottel, 8 tot 12 keer meer as die gewone 750 ml bottel.

jeropiek
’n Soort soetwyn. (jeropigowyn, jeropiko, jeropikowyn)

Jeropigo
’n Soort soetwyn. (jeropigowyn, jeropiko, jeropikowyn)

jeropigowyn
’n Soort soetwyn. (jeropigo, jeropiko, jeropikowyn)

jeropiko
’n Soort soetwyn. (jeropigowyn, jeropigo, jeropikowyn)

jeropikowyn
’n Soort soetwyn. (jeropigowyn, jeropiko, jeropigo)

jersey
’n Melkbeesras.

Jerusalem artisjok
’n Soort sonneblom wat ’n vratagtige knol dra wat rou geëet word soos seldery of radyse. Dit is bros en effe soet. (aard-artisjok)

jicama
’n Wortel met ’n dun, bruin skil en wit, soetvleis. Dit word gewoonlik in Mexikaanse slaaie gebruik.

joghurt (jogurt)
’n Suur melkproduk, berei deur melk te fermenteer met melksuurbakterieë. Die bakterieë, Streptococcus thermophilus en Thermobacterium bulgaricum, is ontdek deur die Russiese bioloog Metchnikoff. Die produk is waarskynlik van Arabiese oorsprong.

Jodebrood
’n Ongesuurde brood wat Jode tydens Paasfees eet.

jodekers (strawberry tomato)
’n Kleiner vrug as die appelliefie. Dit word ook aan ’n peul gedra en kan vars geëet word of in konfyt gebruik word. (dwerg-appelliefie)

johannesbrood
Die eetbare peule van die johannesbroodboom.

johannesbroodboom
’n Boom uit die Middellandse Seegebied wat eetbare peule dra.

jojoba
Die sade van hierdie Amerikaanse struik word as plaasvervanger vir koffie gebruik.

Jokkieklub-toebroodjie (Jockey Club sandwich)
’n Oop toebroodjie met graatlose sardientjies en gesmelte kaas op roosterbrood.

jongbeesvleis (baby beef)
Vleis van 12 tot 20 maand oue kalwers.

jongby
Die larwes en papies van bye in die heuningkoek.

julienne [zjoe-lie-en]
Die naam word gebruik vir groente wat in dun repies gesny is of gedroogde sopgroente.

junket
’n Gegeurde Engelse melknagereg met suiker en stremsel. (stremselpoeding)

jus [zjoe]
Frans vir “sap”. Onder meer ook die vloeistof wat in die pan oorbly en as basis vir ’n sous gebruik word.

jus brun [sju bra]
Dit is ’n aftreksel wat gebruik word vir die maak van sop, sous en gesmoorde disse. ’n Jus brun word voorberei deur die bestanddele eers te verbruin voor dit in die vloeistof geplaas word. Jus brun word voorberei met beesvleis, kalfsvleis, die vleis en bene van pluimvee en groente wat verbruin is in vet. (ook bekend as fond brun)



Wynwoordeboek

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

No comments :

Post a Comment