2 uie, grof opgekap
4 eetlepels olyfolie
1 kg klein uitjies
425 ml water
150 ml witwyn
4 eetlepels suurlemoensap
50 g sultanas
2 eetlepels tamatiepuree
2 lourierblare
½ teelepel gedroogde tiemie
sout en varsgemaalde swartpeper
cayenne peper
gekapte pietersielie
Braai die wortels in die olyfolie tot dit sag en goudkleurig is.
Plaas al die bestanddele, behalwe die pietersielie, saam in ’n kastrol. Verhit en prut vir ’n uur.
Laat dit afkoel voor jy dit bedien met die pietersielie as garnering en ’n paar druppels olyfolie.
(genoeg vir 8 persone)
No comments :
Post a Comment