'n Klassieke slaai gemaak met wit boontjies.
2 blikkies wit boontjies
1 ui, fyn opgesny
8 eetlepels olyfolie
1 knoffelhuisie, fyn opgesny
1 lourierblaar
1 groen soetrissie, ontpit en in blokkies opgesny
sout en varsgemaalde swartpeper
Braai die ui in 2 eetlepels olyfolie tot goudbruin saam met die lourierblaar en knoffel.
Voeg die boontjies, 6 eetlepels olyfolie en soetrissieby. Geur met sout en peper.
Maak ’n slaaisous van:
½ ui, fyn opgesny
4 eetlepels fyngekapte pietersielie
1 teelepel aangemaakte mosterd
1 knoffelhuisie, fyn opgesny
sout en varsgemaalde swartpeper
olyfolie
sap van ½ suurlemoen
fyngekapte pietersielie, ansjovis en swart olywe vir garnering
Meng die ui, 4 eetlepels pietersielie, mosterd, knoffel, sout en peper in ’n mengbak.
Klop die mengsel terwyl jy die olyfolie by drup – soortgelyk aan die manier waarop jy mayonnaise maak. Hou aan tot die sous dik is.
Meng al die bestanddele in ’n slaaibak.
Garneer met fyngekapte pietersielie, ansjovis en swart olywe.
(resep is genoeg vir 6 persone)
No comments :
Post a Comment