Jy het 2 piepkuikens nodig, wat deur die bors en ruggraat gehalveer is.
Sous:
30 ml tamatiesous
30 ml vrugte blatjang
20 ml aangemaakte mosterd
10 ml Worcestersous
5 ml sojasous
Voorverhit die oond tot 200ºC.
Verwyder die been van die kuikens se ruggraat en sny 2 - 3 diagonale kepe in die borsgedeelte van die kuikens.
Meng die sousbestanddele saam en verf oor die hoenderhelftes. Plaas op die oondroosterrak. Rooster vir sowat 20 - 25 minute terwyl jy dit gereeld met die sous bedruip.
(resep is genoeg vir 4 persone)
No comments :
Post a Comment