1½ koppie bruismeel
2 eetlepels kakao
3 eetlepels suiker
½ teelepel sout
2 eiers, geskei
1½ koppie room
1½ teelepel gesmelte botter
Sif die meel, kakao, suiker en sout saam.
Klits die eiergeel tot dik, meng liggies met die room.
Meng die droë bestanddele en eiermengsel en voeg botter by.
Vou die geklitste eierwit in deeg.
Gebruik ½ koppie deeg vir elke wafel.
No comments :
Post a Comment