6 x 250 ml suiker
750 ml koue water
15 ml kremetart
Meng suiker, kremetart en die helfte van die water in 'n kastrol.
Roer oor lae hitte tot die suiker opgelos is.
Kook oor matige hitte tot die stroop ligbruin van kleur is, sowat 15 - 20 minute.
Voeg die res van die water stadig by.
Verwyder van hitte en gooi in, gesteriliseerde flesse. Verseël dadelik.
No comments :
Post a Comment