Voor mens wafels maak moet die wafelpan warm gemaak word. Wanneer dit warm is word dit met olie gesmeer, en dan weer elke keer voor jy die volgende wafel bak.
4 eiergele
2½ koppies melk
160 mℓ olie
90 ml suiker
10 ml sout
3 koppies gesifte meel
20 ml bakpoeier
4 styf geklopte eierwitte
Meng eerste vyf bestanddele goed.
Voeg die droë bestanddele by.
Meng saam tot glad (nie te veel nie).
Vou eierwitte in.
Bak in ’n wafelpan.
No comments :
Post a Comment