Hierdie is 'n resep wat gewild is in die Kaapse Maleiergemeenskap.
2 kg ferm visfilette (verkieslik geelstert of kabeljou)
sout en varsgemaalde witpeper
Kerriesous:
125 ml olie
3 uie, dun gesny
200 ml bruinasyn
20 ml suiker
5 ml borrie
10 ml kerrie
5 ml rissiepoeier
5 lourierblare
sout
Geur die vis met die sout en peper.
Verhit die olie in 'n pan en braai die vis vir 5 minute aan 'n kant.
Verwyder die vis uit die olie en dreineer om handdoekpapier.
Kook die uie, asyn, suiker en speserye saam in 'n souspan vir 10 minute.
Geur met sout na smaak.
Plaas die vis in 'n bak en gooi die sous oor. Sorg dat die sous die vis bedek.
Plaas 'n deksel op die bak en bêre in die yskas vir ten minste 'n dag voor jy dit gebruik.
(die Kaapse kerrievis resep is genoeg vir 6 persone)
No comments :
Post a Comment