Die Engelse “Bottoms Up” het nou nuwe betekenis gekry. Normaalweg verwys dit na ’n glas wat uitgedrink word, maar nou is dit ook ’n manier om ’n glas vol te maak.
Die nuwe manier vul die glas van onder af. Boonop vul dit die glas outomaties tot op die regte vlak, sonder om te mors en sonder om te veel skuim te maak.
Die Bottoms Up Draft Beer Systems bevry kroegmanne van hierdie langdradige taak en dit spaar heelwat bier.
Hoe dit werk: Die spesiale glase het ’n gaatjie in die bodem en gebruik ’n magneet en spesiaal ontwerpte “kegerator” om die perfekte glas te vul - alles in ses sekondes.
No comments :
Post a Comment