Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

6/16/2010

Kerriebotter hoender

8 hoenderdye, vel verwyder
sap van een suurlemoen
15 ml masala
sout en varsgemaalde swartpeper
60 ml olie
2 uie, in dun skywe gesny
1 soetrissie, in repies gesny
10 ml komynsaad
10 ml vinkel
4 kardemomsade
2 stukke pypkaneel
4 knoffelhuisies, gekneus
2,5 cm vars gemmer, fyngekap
5 ml borrie
2 suurlemoen- of lourierblare
2 groen brandrissies, fyngekap
8 tamaties
45 ml tamatiepasta
50 ml botter
vars koljander vir garnering

Vryf suurlemoensap oor die hoenderdye.

Sprinkel masala oor die hoenderdye en geur na smaak met sout en varsgemaalde swartpeper. Bedek en laat eenkant staan vir 30 minute.

Verhit helfte van olie in ‘n kastrol en braai die hoenderdye aan albei kante tot dit liggies verbruin.
Verwyder die hoender en hou eenkant.

Verhit die oorblywende olie in dieselfde kastrol en soteer ui en soetrissies oor lae hitte tot baie sag.
Voeg komynsaad, vinkel, kardemomsade, pypkaneel, knoffel, gemmer, borrie, suurlemoenblare en brandrissies by.
Roerbraai om geure te laat ontwikkel.
Sny ‘n kruisie deur die skil van die tamaties. Voeg by uie en soetrissies in die kastrol saam met tamatiepasta.
Bring tot kookpunt en prut vir 10 minute.

Plaas die hoender terug in die kastrol en bring tot kookpunt.
Prut vir sowat 35 - 40 minute stadig totdat vleis sag is en amper van die bene wil afval.
Roer botter by.
Proe en geur.
Indien nodig kan ‘n bietjie bruinsuiker bygevoeg word.

Sprinkel koljanderblare oor net voordat gereg voorgesit word.

No comments :

Post a Comment