15 ml mielieblom
45 ml sojasous
250 ml hoenderaftreksel
30 ml olie
1 ui, in wiggies gesny
handvol broccoli
1 rooi soetrissie, dun gesny
2 knoffelhuisies, fyn gedruk
30 ml gerasperde gemmer
100 g kasjoeneute, gekap
Meng die vleis, mielieblom, sojasous en 50 ml van die aftreksel.
Laat staan vir 10 minute.

Skep die varkrepies uit die marinade. Voeg die res van die aftreksel by die marinade en hou eenkant.
Braai die varkrepies vinnig in die warm wok tot goud bruin.
Skep uit en hou eenkant.
Verhit die res van die olie en roerbraai die groente en knoffel tot gaar, maar steeds bros.
Skep die vleis terug en voeg die gemmer by. Giet die marinade oor en roerbraai tot die sous verdik is.
Sprinkel die neute oor en sit dadelik voor.
(die resep is genoeg vir 4 persone)
No comments :
Post a Comment