Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/19/2010

Kruiebrood / Herb Bread

Hierdie brood is 'n gunsteling by enige geleentheid, veral 'n braai. Jy kan dit klaargemaak by die supermark koop, maar dit is verspot maklik om te maak en kos jou heelwat minder.

1 Franse Brood
110 g botter
20 ml van jou gunsteling kruie (droë kruie)
sap van 'n ¼ suurlemoen
swartpeper
fyngekapte knoffel na smaak (of los uit)

Room die botter saam met die kruie, swartpeper en knoffel.
Sny skuins snye, driekwart deur die brood. Die snye moet omtrent 1,5 cm dik wees.
Smeer die bottermengsel in die snye.
Smeer gewone botter bo-op en langs die kante van die brood.
Draai die brood toe in foelie.Bak die brood vir 10 minute by 220ºC.
Stel die oond af tot by 200ºC, vou die foelie oop en laat die brood vir nog 8 minute bak tot dit mooi bruin en bros is.

No comments :

Post a Comment