Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/15/2010

Oostenrykse koffiekoek

Hierdie is 'n baie mooi nagereg. Dit is 'n koek wat deurweek word met koffie en gegeur met brandewyn.

170 g botter
170 g strooisuiker
3 eiers, geklop
170 g bruismeel
knippie sout
280 ml klaargemaakte sterk, swart koffie
suiker
280 ml room, geklop met suiker en 2 druppels vanieljegeursel
amandels, bruin gerooster
brandewyn

Stel die oond op 190ºC.

Room die botter en suiker in 'n mengbak tot dit lig en donsig is.
Klop die eiers geleidelik by en vou die meel en sout by met 'n metaallepel.
Skep die mengsel in 'n gesmeerde koekpan van 20 cm in deursnee vir 40 minute.

Keer die koek uit wanneer dit gaar is en laat afkoel.

Meng die koffie en suiker tot stroperig en geur met brandewyn na smaak.

Plaas die koek op 'n bord, deurweek dit met die koffiestroop en smeer toe met die room.
Versier die koek met die amandels.

No comments :

Post a Comment