Vir hierdie tert benodig jy 170 g ryk broskorsdeeg en 'n bakplaat.
680 g kookappels, geskil en in skywe gesny
1 eetlepel korente
1 eetlepel sultanas
2 eetlepels vars broodkrummels
2 eetlepels suiker
1 teelepel fyngemaalde kaneel
Meng die appels met die droë vrugte, krummels, suiker en kaneel.
Rol die verkoelde deeg dun uit in ’n reghoekige fatsoen van sowat 23 x 15 cm. Sorg dat die deegkante gelyk is.
Plaas die deeg op ’n bakplaat.
Plaas die appelmengsel in die middel van die deeg. Daar moet sowat 5 cm oop bly aan die kante.
Lig die kante met ’n platmes en vou dit oor die vulsel. Druk die deeg effens plat met die mes.
Bak sowat 40 minute by 190ºC.
Skuif die deeg af van die bakplaat en bestrooi met versiersuiker.
Bedien die tert met room of vla.
No comments :
Post a Comment