Hierdie mengsel word saam met kerrie bedien.
3 komkommers
75 mℓ gewone jogurt
5 mℓ sout
3 mℓ fyngemaalde komyn
2 mℓ rooipeper
2 rissies, ontpit en fyn opgesny
Skil die komkommers en sny dit in dun skywe. Plaas die komkommer in ’n vergiettes om te dreineer.
Meng al die bestanddele saam en verwerk in ’n voedselverwerker tot glad.
No comments :
Post a Comment