Tamarinde is 'n gewilde bestanddeel van kerrie in KwaZulu-Natal. Dit is 'n boom waarvan die peule en sade as spesery gebruik word. Dit is ook bekend as die suurdadelboom.
Die peule en sade word gewoonlik in 'n blok gepers en so verkoop. Hierdie blok moet oornag in dubbel soveel water geweek word.
Die volgende dag druk jy die pulp uit met jou hande, of druk dit deur 'n sif. Net die pulp word gebruik in 'n kerrie.
(foto Mal Smith)
No comments :
Post a Comment