Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

9/18/2010

Beesbiltong

Beesbiltong word normaalweg uit die beste snitte gemaak. Die gesogste is die wat uit die dy gesny word (predikantsbiltong), die langs die rugstring (garingbiltong) en die van die filet (binnebiltong / ouma se biltong). Sny die vleis saam met die draad.

Hierdie biltongresep is vir 50 kg beesvleis.

Meng 1,5 kg growwe sout met 375 g melassesuiker, 40 g grofgemaalde swart peper, 30 ml koeksoda en 30 ml salpeter.

Gebruik 'n houer van hout om jou vleis in te pak. Pak 'n laag vleis, strooi die aangemaakte mengsel oor en sprinkel asyn oor. Jy gaan omtrent 2 liter asyn nodig kry vir 50 kg vleis. Herhaal die lae. Laat die vleis 2 dae lank op 'n koel plek. In die tyd draai jy dit 3 keer om.

Hang dit op wanneer jy dit uithaal. Hang tot droog genoeg na jou sin.

No comments :

Post a Comment