Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

9/16/2010

Braaihoender

Hierdie hoender kan jy op die braaivleisvuur of op die stoof gaarmaak.

Vryf jou skoongemaakte hoender af met ’n klam doek. Bind of steek die bene en vlerke vas. Stop die hoender met jou gunsteling vulsel.

Gooi ’n lekker groot stuk vet in ’n braaipot en plaas jou hoender bo-op. Bedek die hoender met repe spek. Sit die deksel op en sit op jou vuur of plaat. Jou hitte moet nie te hoog wees nie. Sorg dat die hoender klam bly deur gereeld van die vet oor die hoender te drup. Hou so aan tot die hoender mooi bruin en gaar is.

No comments :

Post a Comment