Niks anders as ’n rou oester is goed genoeg vir hierdie resep nie.
Terwyl jy hiermee besig is, moet daar langsaan brood in botter braai.
Jy draai ’n repie varkspek om ’n rou oester, bestrooi dit met rissiepeper en suurlemoensap en sauteer dit vinnig in botter. Strooi pietersielie oor en bedien op die gebraaide brood.
No comments :
Post a Comment