Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

9/22/2010

Kook en Geniet skepper oorlede

Die Suid-Afrikaanse kosskrywer S.J.A. de Villiers is Maandag oorlede, sy was 91 jaar oud.

De Villiers se nalatenskap is nie klein nie. Sy is die skrywer van die Kook en Geniet, ongetwyfeld dié klassieke Afrikaanse kookboek. Generasies is grootgemaak en het self leer kook aan die hand van die boek. Kook en Geniet dek alles wat jy ooit oor kook kan wil weet - van hoe om bestanddele te meet, oonde optimaal te gebruik, groente voor te berei en vleis gaar te maak tot hoe om kos perfek te vries - naas die meer as 700 ekonomiese, beproefde en geliefde resepte.

Die resepteboek was sedert die eerste uitgawe in 1951 nog nooit uit druk nie. Volgens die uitgewers Human & Rousseau het sy tot en met 1990 self die drukwerk en verspreiding van die boek hanteer.

De Villiers word oorleef deur twee dogters en ses kleinkinders.

No comments :

Post a Comment