Sit 'n eetlepel stertvet in 'n kastrol saam met 200 g vleis (enige soort), 'n paar gekapte bene en enige oorblywende kouevleis, raap, wortels, prei en uie - al die groente fyngekap. Voeg twee koppies water by en laat stadig prut tot die groente sag is.
Voeg 250 ml water by en 200 g rys. Kook vir 'n paar minute en gooi dan nog 2 liter water by saam met sout en peper. Laat alles kook, skuim af en laat dan stadig kook vir 3 uur lank.
Dien op saam met gekerfde kruisement.
No comments :
Post a Comment