Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

9/25/2011

Bierfees

Die Hazel kosmark hou ‘n Bierfees op 15 Oktober 2011.

Dit gaan alles oor goeie kos, keur bier en lekker geselskap. Dit belowe om ‘n heerlike dag te wees met ‘n groot verskeidenheid mikrobrouerybier te koop.

Daar sal ‘n oggendmark wees met al ons gewone heerlikhede (enige iets van vars brood, tot lasagna, groente en vrugte en kos om daar aan te smul) asook ‘n verskeidenheid biere.

Dit sal plaasvind van 8vm tot 2nm. Dan maak ons weer om 5nm oop vir ‘n aandmark. Dink jou in ‘n mark waar jy kan kuier, aandete eet, bier proe en sommer nog vele ander dinge ook kan eet
en drink. Dit hou aan tot 9 nm.

Die idee agter die fees is dat kliënte ‘n groot verskeidenheid van bier kan ervaar. Jy kry ook die geleentheid om meer te leer oor die kuns van bier brou.

Die Hazel kosmark is oop op 15 Oktober van 8vm tot 2nm en weer van 5nm tot 9nm. So
gaan geniet ‘n ontbyt, middagete of aandete.

Greenlyn Village Centre
Hv Thomas Edison & Mackenzie Strate
Menlopark, Pretoria

Vir meer inligting:
Retha van Hoven op 083 554 5636
info@hazelfoodmarket.co.za
www.hazelfoodmarket.co.za

No comments :

Post a Comment