2 uie, opgesny
100 g repiespek
aftreksel
olie vir braai
fyngekapte pietersielie vir garnering
Braai die spek en uie saam bruin in 'n kastrol.
Verwyder die spek en uie uit die kastrol en hou eenkant.
Plaas die aartappels in die kastrol en braai tot hulle begin kleur kry.
Gooi die spek en uie terug in die kastrol.
Gooi genoeg aftreksel oor om alles te bedek en sit 'n bouquet garni in die pot en geur met sout en peper.
Plaas die deksel op en laat stadig kook vir 25 minute.
Dit is gereed wanneer die aartappels sag is.
Strooi die pietersielie oor voor jy dit bedien.
Stuur jou resepte na con@qvrp.net . Foto's van die resepte is ook welkom.
No comments :
Post a comment