Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

12/12/2012

Grenadella en piesang koek

250 g sagte botter
500 mℓ strooisuiker
2 groot eiers
4 piesangs, fyngedruk
2 x 175 g grenadellajogurt
500 g bruismeel, gesif
400 g versiersuiker
80 mℓ grenadella pulp

Smeer botter in 'n 25 cm ronde koekpan met 'n opening in die middel.

Verroom die botter en strooisuiker met 'n houtlepel tot die mengsel lig is.
Voeg die eiers by en klop dit goed met die lepel.
Roer die piesang, jogurt en gesifte meel by.
Skep die mengsel in die koekpan en bak dit by 180°C vir 1 uur.

Keer die koek uit op 'n draadrak en laat afkoel.

Sif die versiersuiker in 'n mengbak.
Voeg die grenadella by en meng tot glad.
Smeer die mengsel oor die afgekoelde koek.

No comments :

Post a Comment