Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

12/19/2012

Volgehoue energie vir glutenvrye eters

Volgehoue energie vir gluten-vrye eters is die resultaat van die samewerking tussen een van Suid-Afrika se voorste dieetkundiges, Liesbet Delport, en haar voormalige pasiënt Sharon Alderson.

Sharon moes herstel van ernstige siekte en sy en Liesbet het ’n reeks gesonde, lekker, lae GI glutenvrye resepte ontwikkel as ’n alternatief tot die gewoonlik hoë GI glutenvrye dieet.

Hoe langer Sharon die dieet gevolg het en hoe meer Liesbet dit vir ander pasiënte voorgeskryf het, hoe duideliker het dit geraak dat hierdie dieet vir enigiemand kan voordele hê.

Die glukemiese indeks (Gl) meet hoe koolhidraatryke kos bloedsuikervlakke beïnvloed. Dit is ’n nuttige manier om bloedsuikervlakke te reguleer, en sodoende jou energie kan gee wat die hele dag volhou.

Die gebruik van GI help aansienlik om:
• die beheer van bloedsuikervlakke in mense met suikersiekte te verbeter
• moegheid te voorkom
• honger te beperk in mense wie nie gluten kan verwerk nie en die wat gewig wil afskud
• bloedsuikervlakke te reguleer by kinders met konsentrasie probleme
• sportsprestasie te verbeter
• trigliseriede te verlaag in mense met verhoogde bloed trigliseriede
• die produksie van te veel insulien te voorkom in mense wat lei aan hipoglukemie en hyperinsulinemie
• hoë bloeddruk en oortollige gewig te voorkom.

Leef jou beste lewe. Dié nuttig en inspirerende boek sal jou wys hoe om lekker te eet en optimale gesondheid te geniet.


Volgehoue energie vir glutenvrye eters / deur Liesbet Delport & Sharon Alderson -- Tafelberg, 2012. -- 246 p. ; sagteband. -- ISBN 9780624048275 : R 220.00

No comments :

Post a Comment