Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

2/28/2013

Art of Cooking

Art of Cooking is die mees omvattende Suid-Afrikaanse kookboek. Dit is geskryf deur 'n bekende voedselkonsultant en poog om almal se behoeftes te bevredig - van die beginner en huiskok tot die loopbaan sjef en spysenier. Die boek vergelyk gunstig met die voorste internasionale bronne op hierdie gebied.

Die voortgesette gewildheid van die boek en kommentaar van lesers oor die jare bewys dat dit groot vreugde verskaf aan beide kokke en eters. Vir baie mense het dit 'n onmisbare deel van die kombuis geword en menige dogter verlaat die huis deesdae met hul eie Art of Cooking. Hulle sê as jy die boek een maal gebruik het, gaan jy nooit daarsonder klaarkom nie.

Die resepte, wat oor baie jare ontwikkel is, is in lyn met internasionale standaarde en fokus op aanbieding en onderskryf die beginsels van goeie gesondheid. Die boek bevat uitgebreide artikels oor kookmetodes, resepte vir al die maaltye van die dag, die onderskeie gange van die spyskaart, die gebruik van 'n mikrogolfoond en spesialisareas van die kookkuns. Art of Cooking bevat gunsteling resepte van beide Suid-Afrika en die res van die wêreld.

Die skrywer, Carolie de Koster, is 'n dieetkundige, voedselkonsultant, kookkunskenner en skrywer van 10 kookboeke.

Hoe om Art of Cooking te bestel:
Vir meer inligting oor hoe om hierdie boek te bestel kontak Carolie by caroliedekoster@gmail.com. Die koste van die boek, afgelewer R 850. Indien jy meer as een boek laat aflewer by dieselfde adres kos dit R 800 per boek.

No comments :

Post a Comment