250 g fyngemaakte aartappels, eers gekook natuurlik
500 mℓ meel
10 mℓ sout
60 mℓ louwarm water
olie, vir diepbraai
Sif die meel en sout saam en meng dit met die aartappel wanneer dit afgekoel is.
Knie en voeg van die water by soos nodig. Dit moet 'n droë ferm deeg vorm. Hoe meer die deeg geknie word, hoe ligter sal die puri’s wees. Knie die deeg vir ten minste 10 minute.
Bedek die deeg met 'n doek en laat staan dit vir 30 minute tot 'n uur.
Deel die deeg in 20 tot 24 balle.
Rol elke bal uit tot dit so groot soos 'n piering is.
Diepbraai die brode in olie. Braai een op 'n slag. Sorg dat die puri bo-op nat is; dit laat dit oppof. Draai die puri om wanneer die onderkant goudbruin is.
Dreineer die puri’s op kombuispapier.
Bedien die aartappel puri’s saam met lensies, groente of kerrie.

(foto Abhijith Rao)
Is dit gewone koekmeel of bruismeel?
ReplyDeleteDit sal gewone meel wees.
Delete