Was die boontjies in koue water en sny dan die punte af (top and tail).
Sny die boontjies diagonaal in repe.
Plaas dit in gesoute kookwater en kook vir 15 minute.
Dreineer die bone, terwyl jy 30 ml olyfolie in die pan verhit saam met 'n knoffelhuisie.
Verwyder die knoffelhuisie na 2 minute en voeg eers 30 ml fyngekapte salot en dan die bone in die pan. Skud die pan om te sorg dat die olyfolie die bone bedek.
Gooi 5 ml fyngekapte pietersielie by en meng deur.
Opsioneel kan jy ook 'n paar skywe tamatie byvoeg.
In Frans noem hulle hierdie groenboontjies haricots verts niçoise.
Stuur jou resepte na con@qvrp.net . Foto's van die resepte is ook welkom.
No comments :
Post a Comment