Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

4/26/2013

Nartjie-mousse

3 eiers
2 eiergele
85 g strooisuiker
15 mℓ gelatien
30 mℓ koue water
sap van 1 suurlemoen
140 mℓ room
750 mℓ nartjiesap
gerasperde skil van 3 nartjies
room vir versiering
gekapte okkerneute

Maak 'n kastrol hafvol kookwater en sit 'n mengbak daarop. Die mengbak moet nie aan die water raak nie.
Klop al die eiers saam.
Klop die strooisuiker geleidelik by. Verwyder die kastrol van die hitte en hou aan met klop tot die mengsel dik is.

Haal die mengbak van die kastrol af en hou aan met klop tot die mengsel koud is.

Week die gelatien in die water en suurlemoensap en los dit op oor hitte.

Klop die room effens styf en meng dit met die nartjiesap en voeg dit saam met die nartjieskil en gelatien by die eiermengsel.

Plaas die mengbak in 'n bak met ysblokkies en roer tot die mengsel begin dik word.
Gooi die mengsel in 'n soufflé- of glasbak en laat dit stol.

Versier die mousse met room en okkerneute.

No comments :

Post a Comment