1 kg broodmeel
15 mℓ botter
2 eiers
1 pakkie droë gis
15 mℓ suiker
sout
melk
Sif die meel en sout saam en voeg die suiker by.
Vryf die botter in.
Meng die gis met ’n bietjie lou melk en voeg dit saam met die eiers by.
Gebruik nog melk om dit te meng tot dit ’n slap deeg vorm.
Knie die deeg goed en laat dit ’n rukkie staan om te rys.
Smeer broodpanne of voer dit uit met bakpapier, plaas die deeg daarin en laat staan om nog te rys.
Smeer melk oor die deeg en bak in ’n taamlike warm oond tot die brood ligbruin is.
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

No comments :
Post a Comment