Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

5/08/2014

Tarentaal

Die resep is vir ’n tarentaal van so 1 kg.

sout
varsgemaalde swartpeper
60 mℓ olie
2 wortels, fyngekap
2 stokke seldery, fyngekap
’n hand vol pietersielie, fyngekap
2 takke roosmaryn – gebruik net die blaartjies
100 g botter
200 mℓ droë witwyn

Die tarentaal moet aan die binne- en buitekant goed ingesmeer word met sout en peper. Plaas dit dan in ’n roosterpan en drup die olie oor. Braai dit in ’n 180°C-oond vir 1 uur. Draai die voël nou en dan en bedruip dit met die sous wat in die bak vorm.

Intussen braai jy die groente en kruie in die botter tot sag.
Voeg nou die wyn en ’n bietjie water by en prut dit tot die vloeistof effens afgekook het. Dit sous moet nie te dun wees nie.

Wanneer die tarentaal uit die oond kom knip jy dit in stukke en benat die stukke met die sous. Jy kan dit bedien saam met aartappelskyfies, gebraaide sampioene en kraakvars brood of groente.

No comments :

Post a Comment