Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/24/2014

2014 George Kaasfees

Die 12de Vodacom George Kaasfees word hierdie jaar vanaf 25 tot 27 Julie aangebied by ‘n splinternuwe terrein – die bekende Outeniquapark (rugbystadion).

Die feesprogram bied ‘n paar nuwe hoogtepunte aan. Die immergewilde kosdemonstrasies is terug en sal aangebied word deur sjefs soos Kokkedoor se Trudie Niehaus, bekende Marlene van der Westhuizen, ons plaaslike Francois Ferreira en ander top sjefs in die land. Hierdie demonstrasies sal in die Checkers Emporium te siene wees met Checkers as die hoofborg.

‘n Ander nuweling op die fees is Antoinette Pienaar wat die bekende Karoo kruie-werkswinkels aanbied. Sy gaan gesels oor kruie en kaas. Jeanne Els, belowende Suid-Afrikaanse skrywer, sal Saterdag 26 Julie gesels oor hoe sy jou met reënboë en ritmes meevoer na plekke en oomblikke wat jy herken of wil ken. Hierdie beloof om ‘n gunsteling gesprek te wees en daarom moet belangstellendes maar vroeg kaartjies koop by Outeniqua Laerskool teen R40 per kaartjie. Indien daar ‘n aanvraag vir ‘n tweede vertoning is, sal Jeanne aanbly vir die Sondag.

Wat vertonings aanbetref, bied die fees ‘n vol program aan. Die fees skop Donderdag aand, 24 Julie, af met Barnyard Productions se vertoning “Strictly Number 1‘s” wat 60 jaar se beste no 1 liedjies sal aanbied. Kunstenaars soos Barry Hilton, Flashback en Claude Pretorius, as seremoniemeester, sal ook optree. Vir die res van die naweek kan feesgangers uitsien na verdere optredes deur Flashback, die Donkiekar Boereorkes, Kobus Muller en Joe Niemand.

Met ongeveer 86 kos, wyn en winkelstalletjies met goeie kwaliteit unieke ware te koop en die welbekende kombinasiesessies werkswinkels met wyn, port, bier, whisky en brandewyn, sal die feesganger oorgenoeg aktiwiteite vir vol feesdae geniet. Die toegangskaartjies sluit deurentyd gratis musiekvermaak in.

Die kosstalletjies sal tot laat oop wees Vrydag- en Saterdagaande om die hongerpyne te stil.

Daar sal ook weer ‘n aparte sone vir die kinders wees met toesig sodat die kinders veilig kan besig wees met ouderdom geskikte aktiwiteite.

Buiten die genot wat feesgangers uit die geleentheid kry, het die Kaasfees ‘n veel dieper betekenis waar ‘n deel van die fees se inkomste aan plaaslike welsynorganisasies geskenk word. Die res van die inkomste word aangewend deur Outeniqua Laerskool vir die ontwikkeling van die skool en kinders.

No comments :

Post a Comment