Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/05/2014

Koue seekos lasagne

Hierdie lasagne kan in skywe gesny word en as voorgereg bedien word.

8 velle lasagne – pas die getal aan soos wat dit jou bakpan of bak pas.
500 mℓ ricotta
375 mℓ mascarpone
30 mℓ suurlemoensap
15 mℓ fyngekapte basiliekruid
15 mℓ fyngekapte dille
15 mℓ fyngekapte tarragon
1 mℓ witpeper
500 g gerookte salm, in repe geskeur as dit te groot is
120 g viseiers of kaviaar

Kook die lasagne in water tot gaar, volgens aanwysings op die verpakking. Hou eenkant.

Plaas die ricotta, mascarpone, suurlemoensap, peper en kruie in ’n voedselverwerker en meng goed.

Jy het ’n geskikte vorm, soos ’n terrien bak, nodig hiervoor. Enige langwerpige bak so breed soos die lasagne behoort te werk. Voer dit uit met kleefplastiek. Laat die plastiek ten minste 12,5 cm oor die kante hang.

Pak ’n laag lasagne op die bodem van die houer. Bedek dit met ’n laag kaas, lê ’n laag salm op die kaas en strooi so 2 teelepels viseiers oor die salm. Herhaal die lae tot al die bestanddele op is. Eindig met ’n laag lasagne.
Plaas die bak in ’n yskas tot dit goed gestol het.

Verwyder die lasagne versigtig uit die houer daardeur aan die kleefplastiek op te lig. Verwyder dan die plastiek.

Garneer die lasagne met nog salm en kruie.

No comments :

Post a Comment