Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

9/29/2014

Tabasco en heuning hoendervlerkies

30 mℓ gerasperde gemmer
2 mℓ gerasperde lemoenskil
1,35 kg hoendervlerkies – skoongemaak en die punte van die vlerkies afgeknip, knip elke vlerkie in die helfte by die gewrig
150 mℓ heuning
75 mℓ sojasous
45 mℓ olie
Tabasco na smaak
vars pietersielie vir garnering

Meng al die bestanddele saam – behalwe die pietersielie.
Bedruip die vlerkies met die sous in ’n bak.
Hou die vlerkies in die yskas oornag – of ten minste vir 6 uur.

Voorverhit die oond tot 200°C.
Pak die vlerkies op ’n oondpan wat met foelie uitgevoer is. Gooi die oorblywende sous oor.
Bak vir 45 minute – tot die vlerkies bruin is.



Vir garnering kan jy pietersielie gebruik.

No comments :

Post a Comment