Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

9/13/2014

Varkwors risotto / Risotto alla pilota

350 g Arborio rys
200 g varkwors – die vleis verwyder uit die derm
50 g botter
50 g gerasperde parmesaan

Bring 850 mℓ soutwater tot kookpunt en gooi dan die rys by. Kook dit vir omtrent 5 minute. Plaas dan ’n deksel op en kook oor lae hitte. Kyk ook na die aanwysings op die rys se verpakking. Dit sal dalk beter wees om die verpakking se aanwysings te volg. Let ook op na die verhouding tussen die vloeistof en rys. Gebruik die verpakking se aanwysings as ’n aanduiding. Jy wil hê al die vloeistof moet geabsorbeer word deur die rys.

Druk die varkvleis, wat jy uitgedruk het, fyn met ’n vurk en braai dit in die botter. Wanneer die rys klaar gekook het roer jy die vleis in botter en die parmesaan by. Bedien dit dadelik.

No comments :

Post a Comment