Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

11/26/2014

Karoo Kombuis

Onthoukos en onvertelde verhale uit die hartland.

Ontdek die tradisionele resepte, veldmedisyne en die uiteenlopende kosverhale in Karoo-kombuis, ‘n boeiende reis na die geskiedkundige hartland van Suid-Afrika.

Sydda Essop het oor jare onderhoude gevoer met meer as 70 kokke en genesers (tussen die ouderdom van 23 en 96) reg oor die kulturele spektrum van Suid-Afrika se merkwaardige Karoo-streek. Al die deelnemers het hulle diepste hartstories oor persoonlike uitdagings en triomf asook hulle kosbaarste familieresepte gedeel. Die mense met wie onderhoude gevoer is, kom uit ’n magdom verskillende agtergronde, en sluit in afstammelinge van die Khoisan- en Xhosa-mense, die Nederlandse, Britse en Franse nedersetters, slawe uit die Ooste, Grieke, Portugese, Indiërs, Jode en selfs Somaliërs.

Essop bring hulde aan hierdie ryke kulturele interafhanklikheid sonder om haar blind te hou vir die isolasie, politieke onstuimigheid, armoede en die strawwe klimaat van die streek. Die resepte weerspieël eweneens die verskeidenheid van die streek – van tradisionele afval, wildsvleis en Karoolam, tot bier, kerries, brood, soetgoed en eenvoudige, heilsame aandetes. Ook ingesluit is ’n versameling klassieke veldkruiemedisyne en boererate uit die streek.

Karoo Kombuis / deur Sydda Essop -- Quivertree, 2014. -- 256 p. ; sagteband. -- ISBN 9780987028402

No comments :

Post a Comment