Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

11/16/2014

SA se eerste en enigste XO Cognac

Die KWV het Suid-Afrika se eerste en sovêr enigste XO Cognac bekendgestel as die KWV Héritage XO Cognac. Hulle het ook de KWV Nexus 30-jaar bekendgestel, die eerste brandewyn wat ’n vermenging is van 30-jaar oue brandewyn met 42-jaar oue potketel brandewyn.

Konjak kan normaalweg slegs geproduseer word van druiwe uit die Cognac-streek in Frankryk en die brandewyn moet daar gebottel word. Die KWV het in samewerking met die Franse Maison Charpentier brandewyn bekom uit die streke van Petite Champagne en Grande Champagne. Die distilleerder het toe die KWV Héritage XO Cognac hiermee vermeng in die Paarl. Die ouderdom van die brandewyn het gewissel tussen 12 jaar en 30 jaar en daarom word dit onderskei as ’n Heritage XO.

Die KWV Nexus brandewyn word verkoop in ’n bolvormige hand-geblaasde bottel gemaak deur die internasionaal bekende glaskunstenaar David Reade. Elke bottel word individueel verseël met 'n stuk handgemaakte Baltiese amber, 'n unieke juweel verkry uit 50 miljoen jaar oue harpuis. Dit is gemonteer in koper deur die bekroonde juweliersontwerper Maike Valcarcel.

Die KWV Nexus sal vir sowat R23 000 in die handel beskikbaar wees.

No comments :

Post a Comment