20 mℓ beenmurg
½ ui, fyngekap
100 mℓ witwyn
300 g Arborio rys
l ℓ aftreksel
sout
knypie saffraan
50 g gerasperde parmesaan
20 g botter
Smelt die 50 g botter en beenmurg saam in ’n groot swaarboompot. Verwyder enige stukkies vet wat nie smelt nie.
Voeg die uie by en kook tot dit deurskynend is.
Verlaag die hitte en roer die rys by tot dit begin glaserig raak.
Gooi die wyn by en roer tot dit geabsorbeer is.
Roer nou die aftreksel bietjie vir bietjie by. Roer aanhoudend en laat die aftreksel eers absorbeer voor jy die volgende lepel bygooi.
Wanneer al die vloeistof geabsorbeer is verwyder jy die pot van die hitte en roer die 20 g botter by. Plaas ’n deksel op en laat staan vir 5 minute.
Strooi die parmesaan oor en bedien.
Stuur jou resepte na con@qvrp.net. Foto's van die resepte is ook welkom.
No comments :
Post a comment