’n Nuwe toevoeging tot die Suidoosterfees is die SOF / Welgemeend Kos & Wynhuis in Welgemeendstraat (Kaapstad) by Hoërskool Jan van Riebeeck. Hier kan jy in ou-wêreldse sjarme aansit vir ’n smullekker ete die Saterdag en Sondag; luister watter wyne en kos mekaar komplimenteer, die beeldskone Boerneef-kunsversameling besigtig en luister na die strelende klanke van Grethe van der Merwe en Kurt Haupt. Voorwaar ‘n unieke geleentheid om die ou-Kaap in volle glans en glorie te ervaar.
Bespreek by Welgemeend: 021 422 2601.
Saterdag 2 Mei | Grethe van der Merwe, (klavier en sang)
Sondag 3 Mei | Kurt Haupt (klavier en sang)
Suidoosterfees 2015
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
No comments :
Post a Comment