Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

6/28/2015

Blasies

250 mℓ koekmeel
1 eier
2,5 mℓ melk
Sout
Olie

Klits die eier, sout en melk saam.
Voeg die meel by en meng tot dit ’n stywe beslag vorm.
Knie dit nou deeglik.

Verdeel die deeg in 2 stukke en rol dit uit tot dit so dun soos papier is.
Plaas ’n doek bo-oor en laat dit vir 30 minute lê.

Sny die deeg in dun vierkante of druk vorms uit.

Vul ’n pannekoekpan half met olie en laat dit baie warm word.
Bak die vorms daarin tot hulle liggeel is.
Dreineer op ’n draadsif en strooi fyn sout oor.

Sodra dit koud is word dit in lugdigte houers gepak. Dit kan 2 tot 3 maande so hou ... hoewel nie in ons huis nie.

No comments :

Post a Comment