Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/15/2015

Murgpampoentjie-linte

350 g murgpampoentjies
30 mℓ olyfolie
15 mℓ asyn
10 mℓ vars gekapte basiliekruid
2 mℓ fyngemaakte droë rissie
1 mℓ gemaalde koljander
Sout en varsgemaalde swartpeper

Sny die punte van die murgpampoentjies af en sny linte daarúít in die lengte met ’n groenteskiller.

Stoom die linte deur ’n stoommandjie in ’n kastrol met water wat 2,5 cm diep is te plaas. Bedek die kastrol en bring tot kookpunt. As jy stoom sien trek, kyk of die linte gaar is.

Meng die res van die bestanddele saam in ’n glasbak – behalwe die sout en peper.
Gooi die mengsel oor die linte en meng versigtig.
Geur met sout en peper na smaak.
Bedien dit dadelik of jy kan dit in die yskas hou vir solank as twee dae.

Opsie: Garneer met julienne wortels en fyngekapte grasuie.

No comments :

Post a Comment